африкаанс.
да-да-да, всё плохо. я пока ещё только начал учить.
Tandeman ook tot 50 uur ’n maand in polisie
As Robert Ho-Tong op ’n misdaadtoneel aankom, kyk mense hom vreemd aan.
Wanneer Afrikaans oor die lippe van dié man van Chinese afkoms in ’n polisie-uniform rol, is die mense gewoonlik stomgeslaan.
Ho-Tong is ’n reserviskonstabel by die Lyttelton-polisiekantoor in Centurion. Wanneer hy nie sy blou uniform aan het nie, is hy ’n tandtegnoloog. Tog is sy vuurwapen en gemeenskapspolisiëringsradio altyd naby.
As iemand se noodkreet oor die radio deurkom, los hy alles en spring, want om ’n polisieman te wees is vir Ho-Tong ’n hartsaak.